Signed in as:
filler@godaddy.com
Signed in as:
filler@godaddy.com
Liewe vriende, soos julle weet is Die Landgoed se doel om die gemeenskap te help groei. Ons verleen graag ons hulp aan skole en minderbevoorregte kinders. Ons help die families met meer as net kos. Per geleentheid word daar ook vir die kinders se toergelde, skryfbehoeftes of selfs mediese gevalle betaal. Maak asseblief jou hart oop en help ons om nog meer families te help.
Ons is so dankbaar om minder bevoorregte families in ons gemeenskap te kan help. Bucket of Blessings is 'n projek waar ons emmers vol kos maak en dit aan geidentifiseerde families skenk om seker te maak elke magie is vol. "As my magie grom...dan voel ek dom"-Anoniem
Elke emmer wat ons vir die families gee bevat elk bestandele wat hul kan rek om deur 'n maand te kom. Ons verwelkom wel ander items ook soos 'n pakkie koekies om kinderhartjies gelukkig te maak.
Indien jy nie kans sien om direk betrokke te raak of om kos te gaan koop in die winkel nie, is daar ook die opsie om 'n maandelikse donasie deur middel van aftrekkingsorder te gee. Die geld sal gebruik word om nog emmers vol te kry.
Geen kind kan in ‘n klas fokus of leer as hul magies grom nie. Dus gee ons elke oggend voor skool ‘n warm bakkie pap aan behoeftige kinders om hul dag reg te begin.
Ons aanvaar enige donasies van mieliemeel, instant maize meal, oats, melk en suiker Om die projek suksesvol te dryf.
’n Kosblikkie klink soos iets wat jy nie sommer aan hoef te dink nie. Soveel kinders kry ‘n sakkie vol bederf van hul mammas of pappas. Daar is wel gevalle waar daar nie geld is vir ’n broodjie of ‘n appel nie.
Die broodjieprojek ism’n groot sukses danksy ouers wat daagliks ‘n ekstra sakkie pak vir ons behoeftige kinders.
Hierdie kosblikkie sluit gewoontlik ‘n broodjie en ‘n vars vruggie in.
Dis belangrik vir kinders om die waarde van liefdadigheid te leer.
By Laerskool Swartkop word daar jaarliks ‘n komitee gestig met graad 7 leerders onder leiding van hul onderwysers.
Elke kwartaal doen die leerders ‘n uitreik na behoeftige plekke. Hulle samel self die nodige items soos kos, klere en ander benodighede in. Dieselfde groep leerders kry dan die geleentheid om hierdie produkte te gaan afgee en beleef dan self hoe groot verskil hulle maak.
Indien jy graag as ‘n borg wil betrokke raak by ons geleenthede/projekte, stuur asseblief vir ons n epos na carien@dielandgoed.co.za met hoe julle graag betrokke sal wil raak. Of kom laai jou skenking by Carien of Laerskool Swartkop se algemene kantoor af.
Copyright © 2024 Die Landgoed - All Rights Reserved.
Powered by GoDaddy
We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.